
Welkom by Carla Knierim Consulting, waar jeugdige energie en ondervinding saamsmelt.
Carla Knierim Consulting bied 'n omvattende rekeningkundige-, belastings- en ondernemingskonsultasie diens aan private individue, eenmansake, vennootskappe, trusts en beslote korporasies of privaat maatskappye.
Die volgende partye sal baat vind by ons dienste:
- Individue wie hulp nodig het met hul persoonlike belasting.
- Eienaars wat akkurate finansiële rekords vir hul onderneming vereis.
- Entrepreneurs wie hul onderneming reg wil bestuur van die begin af.
- Entiteite wie 'n Geoktrooieerde Rekenmeester benodig, maar nie een voltyds kan bekostig of benodig nie.
Carla Knierim Consulting bied al die dienste wat jy van jou eie finansiële bestuurder sal verwag.