
Carla Knierim Consulting BK is gestig om in die aanvraag vir bekostigbare professionele rekeningkundige- en besigheidsdienste aan klein tot medium-grootte besighede te voorsien. Baie ondernemingseienaars besef die belangrikheid van goeie finansiële bestuur, maar kan nie 'n voltydse Geoktrooieerde Rekenmeester bekostig nie. Die diens wat mens by groot firmas ontvang mag dalk voldoende wees, maar dit kort dikwels die persoonlike aandag wat kleiner ondernemings verwag.
Carla Knierim GR(SA) het haar klerkskap by 'n medium-grootte ouditfirma in Stellenbosch voltooi. Dáár was sy blootgestel aan die verskeie gebiede waarin Geoktrooieerde Rekenmeesters spesialiseer: rekeningkunde, oudit, belasting en besigheidsbestuur dienste. Alle tipes entiteite is bedien, vanaf privaat individue tot groot groep-maatskappye. Carla het landswyd waardevolle ondervinding opgedoen in die volgende industrieë:
- Wynplase
- Gasvryheidsbedryf
- Eiendomsontwikkeling
- Bate Bestuur
- Handel
- Diens Verskaffers
- Vervaardiging
- Boerderye
- Vervoer
- Mediese Praktyke
- Regspraktyke
- Kontantfondsbeleggings
- Invoere/Uitvoere
Te dankie aan moderne tegnologie, is dit nou uiteindelik moontlik vir mense om besigheid te doen sonder geografiese beperkings. Al is Carla Knierim Consulting gebaseer in die Wes-Kaap, kan ons u bedien waarookal daar 'n internet konneksie is.